3 Die persoon verbrand die dele van die dier wat hy vir die Here gebring het as ’n vuuroffer vir die Here. Hy vat dan die vet wat oor die binnegoed is,
4 die twee niere en die niervet wat daaraan is, en die vetlaag oor die lewer wat hy van die niere losgesny het.
5 Die Aärondienaars verbrand dit op die altaar in die vuur. Dit word ’n vuuroffer genoem waarvan die Here baie hou.
6 “As die dier wat iemand vir die Here bring om saam met die Here te eet uit die kleinvee kom, kan dit ’n manlike of ’n vroulike dier wees. Dit moet egter ’n gesonde dier wees.
7 As dit ’n jong ram is wat hy vir die Here gee, bring hy die dier na die Here toe.
8 Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron sprinkel van die dier se bloed aan al die kante teen die altaar.
9 Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vet van die dier, sy hele vetstert wat hy teen die kruis afgesny het, die hele stuk vet oor die binnegoed,