8 Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron sprinkel van die dier se bloed aan al die kante teen die altaar.
9 Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vet van die dier, sy hele vetstert wat hy teen die kruis afgesny het, die hele stuk vet oor die binnegoed,
10 die twee niere met die vet daaroor en die lewervet wat hy van die niere losgesny het.
11 Die dienaar by die tent verbrand dit alles op die altaar. Dit is die Here se deel wat vir Hom op die altaar verbrand word.
12 “Indien die persoon ’n bok vir die Here bring,
13 sit hy sy hand op die dier se kop. Hy slag hom daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron spat van die bloed teen die kante van die altaar.
14 Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vetlaag oor die binnegoed,