29 Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit op dieselfde plek waar die diere wat verbrand word, ook geslag word.
30 Die amptenaar wat diens doen by die tent vat van die bloed van die ooi en smeer daarvan met sy vinger aan die horings van die altaar waarop die diere verbrand word. Wat van die bloed oorbly, gooi hy uit teen die onderkant van die altaar.
31 Die man verwyder self al die vet van die bok net soos die vet van die dier wat gebring is om saam met die Here te eet. Die dienaar verbrand dit op die altaar sodat dit vir die Here lekker kan ruik. Op hierdie manier vergewe die Here die man vir wat hy verkeerd gedoen het. Daar is weer vrede tussen hom en die Here.
32 “Indien die persoon eerder ’n skaapooi vir sy sonde wil bring, moet dit een sonder foute wees.
33 Hy sit sy hand op haar kop en slag die dier vir sy sonde op dieselfde plek waar die offer geslag word wat in die vuur verbrand word.
34 Die dienaar vat van die bloed van die dier wat geslag is en smeer met sy vinger daarvan aan die horings van die brandofferaltaar. Die bloed wat oor is, gooi hy teen die onderkant van die altaar uit.
35 Die persoon verwyder self al die vet net soos die vet van die bok wat geoffer is om saam met die Here te eet. Die dienaar verbrand dit alles op die altaar saam met die ander diere wat vir die Here verbrand word. So bring die dienaar by die tent die betaling vir die persoon se sonde. Hy word vrygespreek. Daar kom weer vrede tussen hom en God.”