1 “As iemand gehoor het hoe iemand anders vloek en hy bly stil daaroor, het hy ’n fout gemaak. Hy moet vir sy skuld betaal.
2 As iemand aan iets raak wat nie reg is nie, word hy self ook iemand wat nie reg is nie. ’n Wilde dier wat dood is, of vee wat gevrek het of enige dier wat as vuil beskou word, is nie reg nie. Selfs al het hy nie geweet dat die dooie dier verkeerd is nie, is hy skuldig aan ’n oortreding.
3 As iemand raak aan iets van ’n mens wat verbode is, aan enigiets wat homself verkeerd maak, of hy dit nou geweet het of nie, kan hy gestraf word.
4 “Iemand is voor op die wa en hy sweer sommer dat hy iets gaan doen, of dit nou is om kwaad of goed te doen. Vir elke ding wat die mens met ’n eed gesweer het om te doen sonder dat hy eers daaroor nagedink het, sal hy skuldig wees, of hy mooi geweet het wat hy doen of nie.
5 As hy op enige manier skuldig is, behoort hy te sê hy is jammer.
6 Vir die oortreding wat hy begaan het, moet hy vir die Here iets bring om vir sy skuld te betaal. Vir sy sonde moet hy met ’n ooi uit sy kudde betaal, of met skape of met bokke. Die dienaar by die tent van ontmoeting sal met die dier vir sy sonde betaal en vir hom vergifnis vir sy sonde bring.
7 “As iemand nie een van hierdie diere kan bekostig nie, mag hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe vir die Here bring om vir sy skuld te betaal. Die een duif betaal vir sy sonde. Die ander een is ’n offer wat vir die Here verbrand word.