30 in sy hand vat en dit nader bring sodat dit vir die Here verbrand kan word. Hy bring die vet van die dier se bors en die bors self en hou dit na die Here uit.
31 Die dienaar by die tent verbrand dan die vet op die altaar. Die bors self gaan na Aäron en sy mense toe.
32 Julle moet die regterblad van die dier wat julle vir die Here offer om julle goeie gesindheid teenoor Hom te bewys as ’n spesiale porsie aan die dienaar afstaan.
33 Die regterblad van die dier behoort uitsluitlik aan die dienaars uit Aäron se familie wat die bloed en die vet van die offer by die altaar hanteer.
34 Ek het die bors wat vir My geoffer word en die blad wat aan My opgedra word, by die Israeliete weggevat uit die deel van die offers wat hulle mag eet, en Ek het dit uitsluitlik vir die dienaars uit Aäron se familie en hulle gesinne gegee. Dit is ’n reël vir die Israeliete wat nooit verander mag word nie.
35 “Dit is die gedeelte van die offers vir die Here wat op die altaar verbrand word, wat aan Aäron en sy seuns behoort van die dag dat die Here hulle aangestel het om sy dienaars by die tent van ontmoeting te wees.
36 Dit is ook die gedeelte van die offer wat die Here beveel het hulle moet kry van die dag dat Hy hulle uit die Israeliete gekies en laat aanstel het om Hom te dien. Dit is ’n reël wat altyd vas sal staan tot in die verre toekoms.”