34 Ek het die bors wat vir My geoffer word en die blad wat aan My opgedra word, by die Israeliete weggevat uit die deel van die offers wat hulle mag eet, en Ek het dit uitsluitlik vir die dienaars uit Aäron se familie en hulle gesinne gegee. Dit is ’n reël vir die Israeliete wat nooit verander mag word nie.
35 “Dit is die gedeelte van die offers vir die Here wat op die altaar verbrand word, wat aan Aäron en sy seuns behoort van die dag dat die Here hulle aangestel het om sy dienaars by die tent van ontmoeting te wees.
36 Dit is ook die gedeelte van die offer wat die Here beveel het hulle moet kry van die dag dat Hy hulle uit die Israeliete gekies en laat aanstel het om Hom te dien. Dit is ’n reël wat altyd vas sal staan tot in die verre toekoms.”
37 So moet dan gemaak word met die offer wat heeltemal verbrand word, met die offer wat uit die graan uit kom, die offer wat vir die sonde gebring word, die offer wat gebring word om vir die skuld van die oortreding reg te maak, die offers wat gebring word as iemand as dienaar aangestel word by die tent van ontmoeting, en met die offers wat mense bring om hulle positiewe gesindheid teenoor die Here te wys.
38 Dit is ook die voorskrifte wat die Here vir Moses gegee het by die berg Sinai op die dag toe hy vir die Israeliete voorgeskryf het hoe hulle vir die Here in die Sinaiwoestyn moet offer.