29 Moses het toe die stuk van die ram se bors gevat en dit ook aan die Here opgedra. Dit was die deel van die ram wat vir die aanstelling van die dienaars gebruik is, wat die Here gesê het Moses vir homself kan vat.
30 Moses het van die olie en van die bloed wat by die altaar was, gevat en op Aäron en oor sy klere, en ook oor sy seuns en oor hulle klere gesprinkel. So het hy Aäron en sy klere en sy seuns en hulle klere aan die Here toegewy.
31 Moses het Aäron en sy seuns toe aangesê om die res van die vleis by die ingang van die tent van ontmoeting te gaan kook en dit daar te eet saam met die brood wat uit die mandjie kom wat by hulle aanstelling gebruik is. Sy opdrag was: “Aäron en sy seuns moet dit eet.
32 Wat van die vleis en brood oorbly, moet met vuur verbrand word.
33 Julle mag vir die volgende sewe dae tot die tyd van julle inhuldigingsgeleentheid verby is, nie van die deur van die tent van ontmoeting af weggaan nie. Dit hou ’n volle sewe dae lank aan.
34 Wat vandag gebeur het, is soos die Here gesê het julle aan Hom opgedra moet word.
35 Julle moet sewe dae lank dag en nag by die ingang bly en die opdrag van die Here uitvoer, anders sal julle doodgaan. Dit is soos die Here beveel het.”