3 Laat sommer ook al die mense uit die laer saam kom na die tent van ontmoeting toe.”
4 Moses het toe gemaak soos die Here vir hom gesê het. Die hele gemeenskap het by die ingang van die tent waar die Here gedien word, saamgekom.
5 Moses het vir hulle gesê: “Dit is soos die Here gesê het ons moet maak.”
6 Moses het Aäron en sy seuns laat nader staan en hulle met water gewas.
7 Hy het Aäron sy spesiale hemp vir sy dienswerk laat aantrek, die serp vir hom omgehang wat die dienaars by die Here se tent moet dra, daar bo-oor nog ’n mantel omgehang, die deel wat oor sy skouers kom oor sy skouers gesit en die mantel met ’n belt vasgebind.
8 Daar was ook ’n sak wat voor sy bors vasgekom het waarin die urim en tummim (waarmee die lot gewerp is om die Here se besluite te bepaal) was wat hy aan die mantel vasgesit het.
9 Hy het ook ’n hoed op Aäron se kop gesit en aan die voorkant daarvan ’n goue wapen vasgesteek, soos die Here hom beveel het.