21 Die borsstukke en die regterblad het Aäron egter as ’n offer wat heen en weer voor die Here beweeg word, aan die Here opgedra, presies soos Moses voorgeskryf het.
22 Nadat Aäron die offer vir die sondes, die offer wat verbrand word en die offer wat die goedgesindheid van die volk wys, gebring het, het hy sy hande na die volk uitgesteek en die Here gevra om vir hulle goed te wees.
23 Moses en Aäron het toe saam in die tent waar God gedien word, ingegaan. Toe hulle uit die tent kom, het hulle vir die volk die Here se liefde toegewens. Die hele volk het toe bewus geword dat die Here ook daar teenwoordig is.
24 Daar het vuur van die Here af gekom en die offer op die altaar aan die brand laat slaan en die vet op die altaar laat wegbrand. Die hele volk het gesien wat gebeur het, en hulle het geskreeu en op hulle knieë neergeval om die Here te aanbid.