5 Sing lofliedere om die Here se Naam groot te maak.Julle almal wat Hom dien, prys sy Naam!Dink met respek na oor alles wat Hy doen.Hy is heeltemal anders as mense.
6 As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur.
7 Toe dit nog met my goed gegaan het, het ek maklik gepraat.Ek het gesê: “Niks sal ooit met my verkeerd loop nie.”
8 U was vir my goed en U het my beskerm, Here. Maar toe het U van my af weggekyk.Eers was daar net ’n doodse stilte van u kant af.Ek het gebewe, so bang was ek.
9 Ek het ernstig tot U gebid, Here. Ek het gevra dat U tog weer vir my sal goed wees.
10 Ek het vir U gesê: “Wat help dit U as ek doodgaan?Kan iemand wat dood is, U prys?’n Dooie kan tog nie vertel hoe goed U is nie.
11 Help my, Here. Maak u hart vir my groot oop. Wees weer goed vir my.”