2 Slegte mense se lewe word deur slegte dade regeer. Hulle steur hulle nie aan God nie.
3 Hulle dink baie van hulleself, en praat heeltyd oor hoe goed hulle is. Hulle floreer om kwaad te doen en mense te haat.
4 Lelike woorde gly oor hulle lippe; hulle het g’n idee hoe om goed te doen aan ander nie. Hulle weet nie wat dit is om slim genoeg te wees om ander mense goed te behandel nie.
5 Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink.Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte.Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.
6 Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie.Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.