13 Hannah het in haar binneste gepraat, net haar lippe het beweeg, maar haar stem is nie gehoor nie; `Eli het gedink dat sy dronk was.
14 Toe sê `Eli vir haar: “Hoe lank wil jy jouself dronk maak? Sit jou wyn van jou af weg.”
15 Hannah antwoord egter: “Nee, my meester, ek is ’n vrou wat in my gees onderdruk is; ek het nie wyn of sterk drank gedrink nie, maar ek het my verstand, wil en emosie voor יהוה uitgestort.
16 Beskou tog nie u dienares as ’n waardelose vrou nie, want ek het tot nou toe vanuit my groot bekommernis en verdriet gepraat.”
17 Toe antwoord `Eli en sê: “Gaan in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en mag die God van Yisra’el jou versoeke, wat jy van Hom gevra het, toestaan.”
18 Sy sê: “Mag u dienares guns in u oë vind.” Die vrou het toe weggegaan en sy het geëet en haar gesig was nie dieselfde nie.
19 Toe het hulle die oggend vroeg opgestaan en voor יהוה aanbid en teruggegaan na hulle huis in Ramah en Elkanah het ’n intieme verhouding met sy vrou Hannah gehad en יהוה het haar onthou.