17 Toe antwoord `Eli en sê: “Gaan in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en mag die God van Yisra’el jou versoeke, wat jy van Hom gevra het, toestaan.”
18 Sy sê: “Mag u dienares guns in u oë vind.” Die vrou het toe weggegaan en sy het geëet en haar gesig was nie dieselfde nie.
19 Toe het hulle die oggend vroeg opgestaan en voor יהוה aanbid en teruggegaan na hulle huis in Ramah en Elkanah het ’n intieme verhouding met sy vrou Hannah gehad en יהוה het haar onthou.
20 Dit het gebeur op die tyd nadat Hannah bevrug is dat sy geboorte gegee het aan ’n seun en hom Sh’mu’el genoem het, “want,” het sy gesê, “ek het hom van יהוה gevra.”
21 Toe het die man, Elkanah, saam met sy huisgesin opgegaan om aan יהוה die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,
22 maar Hannah het nie opgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, dan sal ek hom bring dat hy voor die Teenwoordigheid van יהוה kan verskyn en daar vir altyd bly.”
23 Elkanah, haar man, het vir haar gesê: “Doen wat vir jou die beste is. Bly totdat jy hom gespeen het; mag יהוה net Sy woord bevestig.” Die vrou het gebly en haar seun versorg totdat sy hom gespeen het.