18 en vir die seuns van Yisra’el gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Ek het Yisra’el uit Mitzrayim gebring en Ek het julle bevry uit die hand van die Mitzrayiete en uit die krag van al die koninkryke wat julle onderdruk het,’
19 maar julle het julle God vandag verwerp, wat julle uit al jul onheile en benoudhede bevry het; tog het julle gesê: ‘Nee, maar stel ’n koning oor ons aan. Nou, daarom, bied julleself aan voor die Teenwoordigheid van יהוה volgens julle stamme en volgens julle families.”
20 So het Sh’mu’el al die stamme van Yisra’el nader laat kom en die stam van Binyamin is deur die lot gekies.
21 Toe het hy die stam van Binyamin laat naderkom volgens sy families en die familie van Matri is gekies. Sha’ul, die seun van Kish, is gekies, maar toe hulle hom soek, kon hy nie gekry word nie;
22 daarom het hulle יהוה verder geraadpleeg: “Het die man al hierheen gekom?” יהוה sê: “Let op, hy het homself tussen die pakgoed weggesteek.”
23 Hulle hardloop toe en het hom daarvandaan gebring en toe hy tussen die mense gaan staan het, was hy van sy skouers af boontoe langer as enige van die mense.
24 Sh’mu’el het aan al die mense gesê: “Sien julle hom wat יהוה gekies het? Daar is sekerlik nie een soos hy tussen al die mense nie.” Al die mense het uitgeroep van vreugde en gesê: “Die koning lewe!”Deut 17:14-20 vir die mense aangekondig en dit in ’n boek geskryf en voor die Teenwoordigheid van יהוה neergesit. Sh’mu’el het al die mense, elkeen na sy huis, weggestuur.