6 Dan sal die Gees van יהוה kragtig op jou kom en jy sal saam met hulle profeteer en in ’n ander mens verander word.
7 Dit sal wees dat, as hierdie tekens na jou toe kom, doen dan wat die geleentheid vereis, want God is met jou.
8 Jy moet voor my uit afgaan na Gilgal en let op, ek sal na jou toe afkom om brandoffers te offer en om vredesoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag totdat ek by jou kom en jou wys wat jy moet doen.”
9 Dit het gebeur dat, toe hy sy rug draai om van Sh’mu’el af weg te gaan, God sy verstand, wil en emosie verander het en al daardie tekens het op daardie dag gebeur.
10 Toe hulle by Giv’ah gekom het, let op, ontmoet ’n groep profete hom en die Gees van God het kragtig op hom gekom sodat hy tussen hulle geprofeteer het.
11 Dit het gebeur toe almal wat hom vroeër geken het, sien dat hy nou saam met die profete profeteer, die mense vir mekaar gesê het: “Wat het gebeur met die seun van Kish? Is Sha’ul ook onder die profete?”
12 ’n Man vanaf dieselfde plek het gesê: “Maar wie is sy vader?” Daarom het dit ’n spreekwoord geword: “Is Sha’ul ook onder die profete?”