9 Dit het gebeur dat, toe hy sy rug draai om van Sh’mu’el af weg te gaan, God sy verstand, wil en emosie verander het en al daardie tekens het op daardie dag gebeur.
10 Toe hulle by Giv’ah gekom het, let op, ontmoet ’n groep profete hom en die Gees van God het kragtig op hom gekom sodat hy tussen hulle geprofeteer het.
11 Dit het gebeur toe almal wat hom vroeër geken het, sien dat hy nou saam met die profete profeteer, die mense vir mekaar gesê het: “Wat het gebeur met die seun van Kish? Is Sha’ul ook onder die profete?”
12 ’n Man vanaf dieselfde plek het gesê: “Maar wie is sy vader?” Daarom het dit ’n spreekwoord geword: “Is Sha’ul ook onder die profete?”
13 Toe hy klaar geprofeteer het, het hy by die hoë plek aangekom.
14 Sha’ul se oom het vir hom en sy dienskneg gevra: “Waarheen het julle gegaan?” Hy sê: “Om na die donkies te soek en toe ons sien dat hulle nie te vinde was nie, het ons na Sh’mu’el gegaan.”
15 Sha’ul se oom sê: “Vertel my asseblief wat Sh’mu’el vir julle gesê het.”