3 Die oudstes van Yavesh sê vir hom: “Laat ons sewe dae lank met rus dat ons boodskappers deur die hele gebied van Yisra’el kan stuur; dan, as daar niemand is wat ons bevry nie, sal ons na u toe uitkom.”
4 Toe het die boodskappers in Giv’ah van Sha’ul gekom en hierdie boodskap voor die ore van die mense gesê. Al die mense het hulle stemme opgehef en gehuil.
5 Nou, let op, Sha’ul het agter die beeste aan van die veld af gekom en gesê: “Wat is dit met die mense dat hulle huil?” Hulle dra toe die boodskap van die manne van Yavesh aan hom oor.
6 Toe hy dié woorde hoor, kom die Gees van God kragtig oor Sha’ul en hy het baie kwaad geword.
7 Hy het ’n juk beeste gevat, hulle in stukke gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Yisra’el gestuur om te sê: “Wie ook al nie agter Sha’ul en agter Sh’mu’el aan kom nie; so sal met sy beeste gedoen word.” Toe val die skrik van יהוה op die mense en hulle kom uit soos een man.
8 Hy het hulle in Bezek getel: die seuns van Yisra’el was drie honderd duisend en die manne van Y’hudah dertig duisend.
9 Hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: “So moet julle vir die manne van Yavesh-Gil’ad sê: ‘Môre, teen die tyd dat die son warm is, sal julle bevryding hê.’” Die boodskappers het gegaan en dit aan die manne van Yavesh vertel en hulle was verheug.