16 Selfs nou, staan en kyk na hierdie groot ding wat יהוה voor julle oë sal doen.
17 Is dit nie vandag koring oestyd nie? Ek sal יהוה aanroep dat Hy donderslae en reën gee, dan sal julle weet en sien dat julle boosheid groot is wat julle in die oë van יהוה gedoen het deur ’n koning vir julleself te vra.”
18 Sh’mu’el het uitgeroep na יהוה en יהוה het donderslae en reën op dié dag gegee en al die mense was baie bang vir יהוה en vir Sh’mu’el.
19 Toe het al die mense vir Sh’mu’el gesê: “Bid tot יהוה, u God, vir u diensknegte sodat ons nie sterf nie omdat ons by al ons sondes nog boosheid bygevoeg het deur ’n koning vir onsself te vra.”
20 Sh’mu’el het vir die mense gesê: “Moenie bang wees nie. Julle het al hierdie boosheid gedoen, maar tog moet julle nie van יהוה af wegdraai nie, maar dien יהוה met al julle verstand, wil en emosie.
21 Julle mag nie afdraai nie, want dan gaan julle agter waardelose dinge aan wat nie voordelig is of bevry nie omdat hulle nutteloos is,Ps 94:14; Rom 11:2
22 want יהוה sal Sy mense, ter wille van Sy groot Naam, nie in die steek laat nie omdat dit יהוה behaag het om van julle vir Hom ’n volk te maak.