4 Hulle antwoord: “U het ons nie bedrieg of ons onderdruk, of enige iets uit iemand se hand gevat nie.”
5 Hy sê vir hulle: “יהוה is getuie teen julle en Sy gesalfde is vandag getuie dat julle niks in my hand gekry het nie.” Hulle antwoord: “Hy is getuie.”
6 Toe het Sh’mu’el aan die mense gesê: “Dit is יהוה wat Moshe en Aharon aangestel en julle vaders uit die land van Mitzrayim gebring het.
7 Nou, staan jou man dat ek saam met julle voor die Teenwoordigheid van יהוה pleit aangaande al die regverdige dade van יהוה wat Hy vir julle en julle vaders gedoen het.
8 Toe Ya’akov in Mitzrayim ingegaan het en julle vaders uitgeroep het tot יהוה, het יהוה vir Moshe en Aharon gestuur, wat julle vaders uit Mitzrayim uitgebring en hulle op hierdie plek gevestig het.
9 Hulle het יהוה, hul God, egter vergeet. Hy het hulle verkoop in die hand van Sisra, bevelvoerder van die leër van Hatzor en in die hand van die F’lishtyne en in die hand van die koning van Mo’av en hulle het teen hul geveg.
10 Hulle het uitgeroep tot יהוה en gesê: ‘Ons het gesondig, want ons het יהוה verlaat en die Ba’als en `Ashtarot gedien, maar bevry ons nou uit die hand van ons vyande en ons sal U dien.’Rig 4:6; Rig 6:14; Rig 10:3; Rig 11:1; Rig 11:15