21 Die Hebreërs wat vroeër saam met die F’lishtyne was, wat oral saam met hulle in die kamp gegaan het, selfs hulle het ook omgedraai om saam met die Yisra’eliete wat saam met Sha’ul en Y’honatan was, te wees.
22 Toe al die manne van Yisra’el, wat hulself in die bergland van Efrayim weggesteek het, hoor dat die F’lishtyne gevlug het, het selfs ook hulle hul in die geveg agternagesit.
23 So het יהוה Yisra’el op dié dag bevry en die geveg het verby Beit-Aven versprei.
24 Die manne van Yisra’el is hard gedryf op daardie dag, want Sha’ul het die manne onder eed geplaas en gesê: “Vervloek is die man wat iets eet voor die aand en totdat ek myself op my vyande gewreek het.” Nie een van die manne het aan iets geproe nie.
25 Almal van die land het die bos ingegaan en daar was heuning op die grond.
26 Toe die manne in die bos ingaan, let op, was daar ’n oorvloed van heuning, maar niemand het sy hand aan sy mond gesit nie omdat die manne bang was vir die eed.
27 Y’honatan het egter nie gehoor toe sy vader die manne onder eed geplaas het nie; daarom het hy die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ’n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gesit en sy oë het verhelder.