22 Sh’mu’el het gesê: “Het יהוה soveel behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van יהוה? Let op, om gehoorsaam te wees is beter as offers; om te luister beter as die vet van ramme,
23 want rebellie is soos die sonde van waarsêery en opstandigheid is soos oortredings en afgodery. Omdat jy die woord van יהוה verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”
24 Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het gesondig; ek het waarlik die bevel van יהוה en u woorde oortree, want ek was bang vir die manne en het na hulle stem geluister;
25 daarom, asseblief spreek my sonde vry en keer terug saam met my dat ek יהוה kan aanbid.”
26 Sh’mu’el sê egter vir Sha’ul: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie omdat jy die woord van יהוה verwerp het en יהוה jou as koning oor Yisra’el verwerp het.”
27 Terwyl Sh’mu’el omdraai om te gaan, gryp Sha’ul die rand van sy kleed en dit het geskeur.
28 Sh’mu’el sê vir hom: “Vandag het יהוה die koningskap oor Yisra’el van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, wat beter as jy is, gegee.