30 Toe sê hy: “Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my mense en voor Yisra’el en gaan terug saam met my dat ek יהוה, u God, kan aanbid.”
31 Sh’mu’el het teruggegaan agter Sha’ul aan en Sha’ul het יהוה aanbid.
32 Toe sê Sh’mu’el: “Bring Agag, die koning van `Amalek, na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe gekom. Agag het gesê: “Sekerlik is die bitterheid van die dood verby.”
33 Sh’mu’el het egter gesê: “Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder kinderloos wees onder die vroue.” Sh’mu’el het Agag in stukke gekap voor die Teenwoordigheid van יהוה in Gilgal.
34 Toe gaan Sh’mu’el na Ramah, maar Sha’ul het opgegaan na sy huis by Giv’ah van Sha’ul.
35 Sh’mu’el het Sha’ul tot die dag van sy dood nie weer gesien nie en Sh’mu’el het getreur oor Sha’ul en יהוה was spyt dat Hy Sha’ul koning gemaak het oor Yisra’el.