1 יהוה sê vir Sh’mu’el: “Hoe lank sal jy treur oor Sha’ul, aangesien Ek hom as koning oor Yisra’el verwerp het? Vul jou horing met olie en gaan; Ek stuur jou na Yishai, van Beit-Legem, want Ek het vanuit sy seuns vir My ’n koning gekies.”
2 Sh’mu’el vra egter: “Hoe kan ek gaan? Wanneer Sha’ul dit hoor, sal hy my doodmaak.” יהוה sê: “Vat ’n verskalf saam met jou en sê: ‘Ek het gekom om aan יהוה te offer.’
3 Jy moet Yishai na die offers toe nooi en Ek sal jou wys wat jy moet doen en jy moet die een vir My salf wat Ek vir jou sal aanwys.”
4 Sh’mu’el het gedoen wat יהוה gesê het en by Beit-Legem gekom. Die oudstes van die stad het hom bewend tegemoetgegaan en gevra: “Kom u in vrede?”
5 Hy sê: “In vrede! Ek het gekom om aan יהוה te offer. Sonder julle af en kom saam met my na die offers.” Hy het ook vir Yishai en sy seuns afgesonder en hulle na die offers genooi.
6 Toe hulle inkom, kyk hy na Eli’av en dink: “Sekerlik is יהוה se gesalfde voor Hom!”
7 יהוה sê egter vir Sh’mu’el: “Moenie na sy voorkoms of sy lang gestalte kyk nie, want Ek het hom verwerp, want God kyk nie soos wat die mens sien nie, want die mens kyk na die uiterlike voorkoms, maar יהוה kyk na die verstand, wil en emosie.”