10 So het Yishai sewe van sy seuns voor Sh’mu’el laat verbygaan, maar Sh’mu’el het vir Yishai gesê: “יהוה het hierdie nie gekies nie.”
11 Sh’mu’el het aan Yishai gevra: “Is hierdie al die seuns?” Hy antwoord: “Die kleinste bly nog oor en let op, hy pas die skape op.” Toe sê Sh’mu’el vir Yishai: “Stuur en bring hom, want ons sal nie sit voordat hy hier kom nie.”
12 Hy het gestuur en hom laat inkom. Nou, hy was rooierig, met mooi oë en ’n aantreklike voorkoms en יהוה sê: “Staan op, salf hom, want dit is hy.”
13 Toe vat Sh’mu’el die horing met olie en salf hom tussen sy broers en die Gees van יהוה het van dié dag af aan kragtig oor Dawid gekom. Sh’mu’el het opgestaan en na Ramah gegaan.
14 Die Gees van יהוה het weggegaan van Sha’ul af en ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה het hom geterroriseer.
15 Sha’ul se diensknegte sê toe vir hom: “Let nou op, ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה terroriseer u.
16 Laat ons meester nou u diensknegte wat voor u staan beveel en laat hulle ’n man soek wat ’n bekwame speler op die harp is en dit sal gebeur as die bose gees vanaf voor יהוה op u is, dat hy moet speel met sy hand en u sal beter wees.”