12 Hy het gestuur en hom laat inkom. Nou, hy was rooierig, met mooi oë en ’n aantreklike voorkoms en יהוה sê: “Staan op, salf hom, want dit is hy.”
13 Toe vat Sh’mu’el die horing met olie en salf hom tussen sy broers en die Gees van יהוה het van dié dag af aan kragtig oor Dawid gekom. Sh’mu’el het opgestaan en na Ramah gegaan.
14 Die Gees van יהוה het weggegaan van Sha’ul af en ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה het hom geterroriseer.
15 Sha’ul se diensknegte sê toe vir hom: “Let nou op, ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה terroriseer u.
16 Laat ons meester nou u diensknegte wat voor u staan beveel en laat hulle ’n man soek wat ’n bekwame speler op die harp is en dit sal gebeur as die bose gees vanaf voor יהוה op u is, dat hy moet speel met sy hand en u sal beter wees.”
17 Sha’ul sê toe vir sy diensknegte: “Voorsien nou vir my ’n man wat goed kan speel en bring hom na my toe.”
18 Toe sê een van die diensknegte: “Let op, ek het ’n seun van Yishai, die Beit-Legemiet, gesien wat ’n bekwame musikant is, ’n magtige, dapper man, ’n krygsman, wys in spraak, ’n aantreklike man en יהוה is by hom.”