21 Sha’ul het gedink: “Ek sal haar vir hom gee dat sy vir hom ’n strik kan wees en dat die hand van die F’lishtyne teen hom kan wees.” Sha’ul het daarom vir Dawid gesê: “Jy kan vir die tweede keer my skoonseun word, op hierdie dag!”
22 Toe het Sha’ul sy diensknegte beveel: “Praat met Dawid in die geheim en sê: ‘Let op, die koning het vreugde oor jou en al sy diensknegte het jou lief; nou daarom, word die koning se skoonseun.’”
23 Die diensknegte van Sha’ul het toe hierdie woorde vir Dawid gesê, maar Dawid het gevra: “Is dit ’n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, aangesien ek ’n arm man is wat min geag word?”
24 Die diensknegte van Sha’ul het aan hom rapporteer volgens die woorde wat Dawid gesê het.
25 Toe sê Sha’ul: “So moet julle vir Dawid sê: “Die koning vereis geen ander bruidsprys as tweehonderd voorhuide van die F’lishtyne nie, om wraak te neem op die koning se vyande.” Sha’ul het beplan om Dawid te laat val deur die hand van die F’lishtyne.
26 Toe sy diensknegte hierdie woorde vir Dawid vertel, was Dawid tevrede om die koning se skoonseun te word. Voordat die dae verstreke was,
27 het Dawid opgestaan en hy en sy manne het gegaan en tweehonderd man onder die F’lishtyne doodgeslaan. Toe het Dawid hulle voorhuide gebring en hulle het die volle getal aan die koning gegee sodat hy die koning se skoonseun kon word. Sha’ul het Mikhal, sy dogter, vir hom as vrou gegee.