1 Sha’ul het vir sy seun Y’honatan en vir al sy diensknegte gesê om Dawid dood te maak, maar Y’honatan, Sha’ul se seun, het baie van Dawid gehou.
2 Y’honatan het dit vir Dawid vertel en gesê: “ Sha’ul, my vader, soek om jou dood te maak. Wees daarom asseblief waaksaam in die oggend en bly in ’n geheime plek en steek jou weg.
3 Ek sal uitgaan en langs my vader staan in die veld waar jy is en ek sal met my vader oor jou praat; as ek iets uitvind, sal ek jou vertel.”
4 Toe het Y’honatan goed van Dawid gepraat by Sha’ul, sy vader en vir hom gesê: “Moenie dat die koning sondig teen sy dienskneg Dawid nie, aangesien hy nie teen u gesondig het nie en omdat sy dade baie voordelig vir u is,
5 want hy het sy lewe in sy hand geneem en die F’lishtyne neergeslaan en יהוה het vir die hele Yisra’el ’n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en was verheug. Waarom sal u dan teen onskuldige bloed sondig deur Dawid sonder rede dood te maak?”
6 Sha’ul het na die stem van Y’honatan geluister en Sha’ul het ’n eed geneem: “Soos יהוה leef, hy sal nie gedood word nie!”