1 Toe het Dawid gevlug vanaf die blyplekke by Ramah en by Y’honatan gekom en gevra: “Wat het ek gedoen? Wat is my oortreding en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?”
2 Hy sê vir hom: “’n Verwerplike gedagte! Jy sal nie sterf nie. Let op, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie. Waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie!”
3 Toe sweer Dawid weer en sê: “Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het en hy het gesê: ‘Moenie dat Y’honatan dit weet nie, anders sal hy bedroef wees,’ maar so waar as יהוה leef en jyself leef, daar is skaars ’n tree tussen my en die dood!”
4 Toe sê Y’honatan vir Dawid: “Wat jy ook al sê, sal ek vir jou doen.”
5 Toe sê Dawid vir Y’honatan: “Let op, môre is dit nuwemaan en ek is veronderstel om saam met die koning te eet, maar laat my gaan sodat ek myself wegsteek in die veld tot die derde sonsondergang toe.
6 As jou vader my enigsins mis, sê dan: ‘Dawid het my dringend verlof gevra om na sy stad, Beit-Legem, te hardloop, want dit is die jaarlikse offer vir die hele familie daar.