5 Toe sê Dawid vir Y’honatan: “Let op, môre is dit nuwemaan en ek is veronderstel om saam met die koning te eet, maar laat my gaan sodat ek myself wegsteek in die veld tot die derde sonsondergang toe.
6 As jou vader my enigsins mis, sê dan: ‘Dawid het my dringend verlof gevra om na sy stad, Beit-Legem, te hardloop, want dit is die jaarlikse offer vir die hele familie daar.
7 As hy so sê: ‘Goed,’ dan is jou dienskneg veilig, maar as hy baie kwaad word, weet dan dat hy besluit het op boosheid.
8 Bewys dan ’n guns aan jou dienskneg, want jy het jou dienskneg saam met jou in ’n verbond van יהוה gebring. As daar egter oortreding by my is, maak my dan self dood, want waarom sou jy my dan na jou vader toe bring?”
9 Y’honatan het gesê: “Wat ’n verwerplike gedagte, want as ek sekerlik agterkom dat my vader besluit het om boosheid oor jou te laat kom, sou ek jou nie daarvan vertel nie?”
10 Toe vra Dawid vir Y’honatan: “Wie sal my vertel of jou vader jou ’n harde antwoord gee?”
11 Y’honatan sê vir Dawid: “Kom, laat ons uitgaan in die veld in.” Beide van hulle het uitgegaan na die veld.