3 daarom nou, wat is hier by u? Gee vir my vyf brode, of wat ook al gevind kan word.”
4 Die priester het Dawid geantwoord en gesê: “Daar is geen gewone brood ter hande nie, maar daar is afgesonderde brood; as die jongmanne hulle maar net van vroue af weggehou het.”
5 Dawid het die priester geantwoord en vir hom gesê: “Sekerlik is die manne van gister en eergister af afgesonder toe ons vertrek het en let op, die uitrusting van die jongmanne is afgesonder, soos in die gewone manier; hoeveel te meer sal hulle uitrusting vandag afgesonderd wees!”
6 Toe gee die priester vir hom afgesonderde brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die Brode van die Teenwoordigheid wat voor יהוה weggevat is, om vars brood neer te sit as dit weggevat word.
7 Een van die diensknegte van Sha’ul was daardie dag daar, teruggehou voor יהוה en sy naam was Do’eg, die Edomiet, die hoof van Sha’ul se veewagters.
8 Dawid sê vir Agimelekh: “Is hier nie ’n spies of ’n swaard byderhand nie? Want ek het nie my swaard of my wapens saam met my gebring nie, want die opdrag van die koning was dringend.”
9 Toe sê die priester: “Die swaard van Golyat, die F’lishtyn, wat u in die vallei van Elah doodgemaak het, is daar agter die skouerkleed in ’n lap toegedraai; as u dit vir uself wil vat, vat dit, want daar is geen ander behalwe dit hier nie.” Dawid het gesê: “Daar is geen ander soos hy nie, gee dit vir my.”