8 Dawid sê vir Agimelekh: “Is hier nie ’n spies of ’n swaard byderhand nie? Want ek het nie my swaard of my wapens saam met my gebring nie, want die opdrag van die koning was dringend.”
9 Toe sê die priester: “Die swaard van Golyat, die F’lishtyn, wat u in die vallei van Elah doodgemaak het, is daar agter die skouerkleed in ’n lap toegedraai; as u dit vir uself wil vat, vat dit, want daar is geen ander behalwe dit hier nie.” Dawid het gesê: “Daar is geen ander soos hy nie, gee dit vir my.”
10 Toe het Dawid opgestaan en dié dag van Sha’ul af weggevlug en na Akhish, die koning van Gat, toe gegaan.
11 Die diensknegte van Akhish het egter vir hom gevra: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom gesing terwyl hulle gedans en gesê het: ‘Sha’ul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende,’ nie?”
12 Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bang geword vir Akhish, die koning van Gat;
13 daarom het hy sy sinne voor hulle weggesteek en kranksinnig in hulle hande opgetree en op die deure van die poort geskryf en sy speeksel in sy baard laat afloop.
14 Toe sê Akhish vir sy diensknegte: “Let op, julle sien die man tree op soos ’n mal mens. Hoekom bring julle hom na my toe?