14 Toe antwoord Agimelekh die koning en sê: “Wie is onder al u diensknegte so getrou soos Dawid, selfs die skoonseun van die koning, wat bevelvoerder oor u wag is en geëerd is in u huis?
15 Het ek vandag begin om God vir hom te raadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moenie op sy dienskneg, op enige van die huishouding van my vader, iets lê nie, want u dienskneg weet niks van hierdie hele saak nie.”1 Sh'm 2:27-33; 1 Sh'm 14:3; 1 Sh'm 22:11, 20
16 Die koning sê egter: “Agimelekh, jy moet sekerlik sterf, jy en jou vader se hele huishouding.”
17 Die koning sê vir die wagte wat hom bedien: “Draai om en maak die priesters van יהוה dood omdat hulle hand ook met Dawid is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie.” Die diensknegte van die koning was nie gewillig om hulle hand uit te steek om die priesters van יהוה aan te val nie.
18 Toe sê die koning vir Do’eg: “Draai jy om en val die priesters aan.” Do’eg, die Edomiet, het omgedraai en die priesters aangeval en hy het op dié dag vyf en tagtig man wat die linne skouerkleed dra, gedood.
19 Hy het ook die priesterstad Nov met die skerpte van die swaard geslaan, beide mans en vroue, kinders en suigelinge; ook die beeste, donkies en skape het hy met die skerpte van die swaard geslaan.
20 Een seun van Agimelekh, die seun van Agituv, met die naam van Avyatar, het ontsnap en agter Dawid aan gevlug.