7 Sha’ul het vir sy diensknegte wat rondom hom gestaan het, gesê: “Luister nou, o Binyaminiete: sal die seun van Yishai ook vir julle almal lande en wingerde gee, julle almal aanstel as bevelvoerders oor duisende en bevelvoerders oor honderde?
8 Want almal van julle het teen my saamgesweer sodat daar niemand is wat dit aan my openbaar as my seun met die seun van Yishai ’n verbond sluit nie en niemand van julle wat vir my jammer is of aan my openbaar dat my seun my dienskneg teen my ophits om vir my ’n hinderlaag te lê, soos dit vandag is nie.”
9 Toe sê Do’eg, die Edomiet, wat by die diensknegte van Sha’ul gestaan het: “Ek het die seun van Yishai sien kom na Nov by Agimelekh, die seun van Agituv.
10 Hy het יהוה geraadpleeg vir hom, vir hom padkos gegee en vir hom die swaard van Golyat, die F’lishtyn, gegee.”
11 Toe stuur die koning iemand om die priester Agimelekh, die seun van Agituv, met sy vader se hele huishouding, die priesters wat in Nov was, te roep en hulle het almal na die koning toe gekom.
12 Sha’ul het gesê: “Luister nou, seun van Agituv!” Hy het geantwoord: “Hier is ek, my meester!”
13 Sha’ul sê vir hom: “Waarom het jy en die seun van Yishai teen my saamgesweer deurdat jy vir hom brood en ’n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het sodat hy teen my sou opstaan deur in hinderlaag teen my te lê, soos dit vandag is?”