10 Let op, vandag het u gesien dat יהוה u vandag in die grot in my hand gegee het en sommige het gesê dat ek u moet doodmaak, maar ek het u jammer gekry en ek het gesê: ‘Ek sal nie my hand uitsteek teen my meester nie, want hy is die gesalfde van יהוה.’
11 Kyk nou, my vader! Inderdaad, sien die soomhoek van u kleed in my hand, want ek het die soomhoek van u kleed afgesny en u nie gedood nie. Weet en verstaan dat daar geen boosheid of rebellie in my hande is nie en ek het nie teen u gesondig nie alhoewel u op my lewe lê en wag om dit te vat.
12 Mag יהוה oordeel tussen u en my en mag יהוה my op u wreek, maar my hand sal nie teen u wees nie.
13 Soos die spreekwoord van die oumense sê: ‘Uit die wetteloosheid kom boosheid voort,’ maar my hand sal nie teen u wees nie.
14 Agter wie aan het die koning van Yisra’el uitgekom? Wie agtervolg u? ’n Dooie hond, ’n enkele vlooi!
15 יהוה sal daarom Regter wees en besluit tussen u en my. Mag Hy my saak sien en verdedig en my bevry uit u hand.”
16 Toe Dawid klaar hierdie woorde tot Sha’ul uitgespreek het, sê Sha’ul: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Toe het Sha’ul sy stem opgelig en gehuil.