5 Dit het later gebeur dat Dawid se gewete hom gepla het omdat hy die soomhoek van Sha’ul se kleed afgesny het
6 en hy het vir sy manne gesê: “As gevolg van יהוה is dit ver van my dat ek hierdie ding aan my meester, die gesalfde van יהוה, sou doen om my hand teen hom uit te steek, want hy is die gesalfde van יהוה.”
7 Dawid het sy manne met hierdie woorde oortuig en hulle nie toegelaat om teen Sha’ul op te staan nie. Sha’ul het opgestaan, die grot verlaat en op sy pad gegaan.
8 Daarna staan Dawid op en gaan uit die grot uit en roep agter Sha’ul aan en sê: “My meester, die koning!” Toe Sha’ul agter hom kyk, buig Dawid met sy gesig na die grond toe en val neer.
9 Dawid sê vir Sha’ul: “Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: ‘Let op, Dawid soek om u skade aan te doen?’
10 Let op, vandag het u gesien dat יהוה u vandag in die grot in my hand gegee het en sommige het gesê dat ek u moet doodmaak, maar ek het u jammer gekry en ek het gesê: ‘Ek sal nie my hand uitsteek teen my meester nie, want hy is die gesalfde van יהוה.’
11 Kyk nou, my vader! Inderdaad, sien die soomhoek van u kleed in my hand, want ek het die soomhoek van u kleed afgesny en u nie gedood nie. Weet en verstaan dat daar geen boosheid of rebellie in my hande is nie en ek het nie teen u gesondig nie alhoewel u op my lewe lê en wag om dit te vat.