14 Een van die jongmanne het egter vir Avigayil, die vrou van Naval, vertel en gesê: “Let op, Dawid het boodskappers uit die wildernis gestuur om ons meester te groet en hy het hulle afgejak.
15 Tog was die manne vir ons baie goed en ons is nie beledig of het enige iets vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was, nie.
16 Hulle was ’n muur vir ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.
17 Nou, daarom moet uself weet en oorweeg wat u moet doen, want boosheid word beplan teen ons meester en teen sy hele huishouding en hyself is so ’n deugniet dat niemand met hom kan praat nie.”
18 Toe het Avigayil gou twee honderd brode, twee kanne wyn, vyf voorbereide skape, vyf mate gebraaide graan, ’n honderd rosynekoeke en twee honderd vyekoeke gevat en dit op donkies gelaai.
19 Sy het vir haar jongmanne gesê: “Gaan voor my uit; let op, ek kom agter julle aan.” Sy het egter nie vir haar man, Naval vertel nie.
20 Dit het gebeur terwyl sy op haar donkie ry en in die verborge deel van die berg afdaal, let op, dat Dawid en sy manne afkom na haar toe; so het sy hulle ontmoet.