31 sal hierdie nie vir u droefheid veroorsaak nie, beide deur bloed te vergiet sonder rede en deurdat my meester homself vergeld het. Wanneer יהוה goed sal doen aan my meester, onthou dan u dienares.”
32 Toe sê Dawid vir Avigayil: “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, wat jou vandag gestuur het om my te ontmoet
33 en geseënd is jou onderskeiding en geseënd is jy, wat my vandag daarvan weerhou het om bloed te laat vloei en om myself te vergeld met my eie hand.
34 Nogtans, so waar as יהוה, die God van Yisra’el, leef wat my verhinder het om jou kwaad aan te doen, as jy nie gou gekom het om my te ontmoet nie, sou daar waarlik nie vir Naval een manlike oorgebly het teen die oggendlig nie!”
35 Dawid het uit haar hand ontvang wat sy vir hom gebring het en vir haar gesê: “Gaan op na jou huis in vrede! Kyk, ek het na jou geluister en jou versoek toegestaan.”
36 Toe kom Avigayil by Naval en let op, hy het ’n fees in sy huis gehou, soos die fees van ’n koning. Naval se hart was vrolik in hom, want hy was baie dronk; daarom het sy hom niks vertel tot die oggendlig nie.
37 In die oggend egter, toe die wyn Naval verlaat het, het sy vrou hom hierdie dinge vertel en sy verstand, wil en emosie het in hom gesterf sodat hy soos ’n klip geword het.