11 יהוה verbied dat ek my hand aan die gesalfde van יהוה sou slaan, maar vat nou asseblief die spies wat by sy kop is en die waterkruik en laat ons gaan.”
12 Dawid het die spies en die waterkruik van langs Sha’ul se kop gevat en hulle het weggegaan, maar niemand het dit gesien of daarvan geweet nie en ook het niemand wakker geword nie, want hulle was almal aan die slaap omdat ’n diepe slaap van יהוה op hulle geval het.
13 Toe het Dawid oorgegaan na die anderkant en bo-op die top van die berg, op ’n afstand, gaan staan met ’n groot area tussen hulle.
14 Dawid het uitgeroep na die manne en na Avner, die seun van Ner en gevra: “Antwoord jy nie, Avner?” Toe antwoord Avner: “Wie is jy wat na die koning roep?”
15 Dawid vra vir Avner: “Is jy nie ’n man nie en wie is soos jy in Yisra’el? Waarom het jy dan nie jou meester, die koning, bewaak nie? Iemand het gekom om die koning, jou meester, te vernietig.
16 Hierdie ding wat jy gedoen het, is nie goed nie! So waar as יהוה leef, almal van julle verdien die dood omdat julle nie julle meester, die gesalfde van יהוה, bewaak het nie. Kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat by sy kop was!”
17 Toe herken Sha’ul Dawid se stem en vra: “Is dit jou stem, my seun Dawid?” Dawid sê: “Dit is my stem, my meester, die koning!”