4 want Dawid het verkenners uitgestuur en geweet dat Sha’ul beslis kom,
5 het Dawid opgestaan en gekom op die plek waar Sha’ul gekamp het en Dawid het die plek gesien waar Sha’ul slaap en Avner, die seun van Ner, die bevelvoerder van sy leër en Sha’ul het in die sirkel van die kamp geslaap en die manne het rondom hom gekamp.
6 Toe sê Dawid vir Agimelekh, die Hittiet en vir Avishai, die seun van Tz’ruyah, die broer van Yo’av: “Wie sal saam met my na Sha’ul in die kamp afgaan? Avishai het gesê: “Ek sal saam met u afgaan.”
7 Dawid en Avishai het in die nag by die manne gekom en let op, Sha’ul lê in die sirkel van die kamp en slaap met sy spies in die grond gesteek langs sy kop en Avner en die manne het rondom hom gelê.
8 Toe sê Avishai vir Dawid: “Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; daarom dan, laat my asseblief toe om hom met die spies in een slag teen die grond vas te steek en ek sal hom nie ’n tweede keer steek nie.”
9 Dawid sê egter vir Avishai: “Moet hom nie vernietig nie, want wie kan sy hand slaan aan die gesalfde van יהוה en sonder skuld bly?”
10 Dawid het ook gesê: “So waar as יהוה leef, sekerlik sal יהוה hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterf, òf hy sal afgaan in die geveg en omkom!