11 Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou laat opkom?” Hy het gesê: “Laat Sh’mu’el vir my opkom.”
12 Toe die vrou Sh’mu’el sien, skreeu sy hardop en die vrou het met Sha’ul gepraat en gesê: “Waarom het u my bedrieg? Want u is Sha’ul.”
13 Die koning antwoord haar: “Moenie bang wees nie, maar wat sien jy?” Die vrou sê vir Sha’ul: “Ek sien ’n goddelike wese uit die aarde opkom.”
14 Hy vra haar toe: “Hoe is sy voorkoms?” Sy antwoord: “’n Ou man kom op met ’n mantel om.” Sha’ul het geweet dat dit Sh’mu’el was en hy buig met sy gesig na die grond toe en betoon respek.
15 Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?” Sha’ul antwoord: “Ek is baie benoud, want die F’lishtyne voer oorlog teen my en God het van my af weggegaan en antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om aan my bekend te maak wat ek moet doen.”
16 Sh’mu’el het gesê: “Waarom vra jy my dan, aangesien יהוה van jou af weggegaan het en jou Teëstander geword het?
17 יהוה het gedoen soos wat Hy deur my gepraat het, want יהוה het die koningskap uit jou hand geskeur en dit vir jou naaste, vir Dawid, gegee.