6 Toe het Akhish vir Dawid geroep en vir hom gesê: “So waar as יהוה leef, jy was opreg en jou uitgang en jou ingang in die leër saam met my, is goed in my oë, want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Nogtans, is u nie aanvaarbaar in die oë van die bevelvoerders nie.
7 Draai daarom nou terug en gaan in vrede dat u nie die bevelvoerders van die F’lishtyne ontevrede maak nie.”
8 Dawid sê vir Akhish: “Maar wat het ek gedoen? Of wat het u in u dienskneg gevind van die dag af dat ek voor u gekom het tot vandag toe dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my meester die koning nie?”
9 Akhish het Dawid egter geantwoord: “Ek weet dat jy goed is in my oë soos ’n engel van God, nogtans het die bevelvoerders van die F’lishtyne gesê: ‘Hy mag nie saam met ons opgaan in die geveg nie.’
10 Nou dan, staan vroeg op saam met die diensknegte van jou meester wat saam met jou gekom het en vertrek met dagbreek.”
11 Dawid het vroeg opgestaan, hy en sy manne, om in die oggend weg te gaan, om terug te gaan na die land van die F’lishtyne. Die F’lishtyne het opgegaan na Yizre’el.