1 Die jongman Sh’mu’el het יהוה gedien voor `Eli en die boodskap van יהוה was skaars in daardie dae; visioene was daar nie dikwels nie.
2 Dit het gebeur in dié tyd terwyl `Eli op sy plek lê (sy oë het begin swak word, hy kon nie goed sien nie)
3 en die lamp van God nog nie doodgegaan het nie en Sh’mu’el gelê het in die tempel van יהוה, waar die ark van God was
4 dat יהוה na Sh’mu’el geroep het en hy sê: “Hier is ek.”