2 Dit het gebeur in dié tyd terwyl `Eli op sy plek lê (sy oë het begin swak word, hy kon nie goed sien nie)
3 en die lamp van God nog nie doodgegaan het nie en Sh’mu’el gelê het in die tempel van יהוה, waar die ark van God was
4 dat יהוה na Sh’mu’el geroep het en hy sê: “Hier is ek.”
5 Toe hardloop hy na `Eli en sê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie; gaan lê weer.” Hy het toe geloop en gaan lê.
6 יהוה het weer geroep: “Sh’mu’el!” Sh’mu’el het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun, gaan lê weer.”
7 Nou Sh’mu’el het nog nie ’n verbondsverhouding met יהוה gehad nie; ook was die boodskap van יהוה nog nie aan hom geopenbaar nie.
8 יהוה het Sh’mu’el weer geroep, vir die derde maal en hy het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe het `Eli onderskei dat יהוה die jongman geroep het