14 Ons het ’n inval gedoen in die Suidland van die K’retiërs, in dié van Y’hudah, in die Suidland van Kalev en Ziklag met vuur verbrand.
15 Toe vra Dawid vir hom: “Sal jy my afbring na hierdie bende toe?” Hy sê: “Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my meester nie en ek sal u afbring na hierdie bende toe.”
16 Toe hy hom afgebring het, let op, is hulle oor die hele land verstrooi, besig om te eet, te drink en te dans as gevolg van die groot buit wat hulle uit die land van die F’lishtyne en uit die land van Y’hudah gevat het.
17 Dawid het hulle verslaan van die aandskemer af tot die aand van die volgende dag en nie een man van hulle het ontsnap nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gery en gevlug het.
18 So het Dawid alles herwin wat die Amalekiete gevat het en sy twee vroue gered.
19 Niks van hulle was weg nie, klein of groot, seuns of dogters, buit of niks van alles wat hulle vir hulleself gevat het nie; Dawid het alles teruggebring.
20 Dawid het al die kleinvee en beeste afgevat. Hulle het hul voor die ander vee uitgedryf en gesê: “Dit is Dawid se buit.”