25 So is dit dan van dié dag af aan gewees. Hy het dit as ’n instelling en ’n verordening vir Yisra’el gemaak tot vandag toe.
26 Toe Dawid in Ziklag kom, het hy buit aan die oudstes van Y’hudah, sy vriende, gestuur en gesê: “Let op, ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van יהוה:
27 aan dié wat in Beit-El is; aan dié wat in Ramot van die Suidland is; aan dié wat in Yattir is;
28 aan dié wat in `Aro’er is; aan dié wat in Sifmot is; aan dié wat in Esht’moa is;
29 aan dié wat in Rakhal is; aan dié wat in die stede van die Yeragme’eliete is; aan dié wat in die stede van die Keiniete is;
30 aan dié wat in Hormah is; aan dié wat in Kor-`Ashan is; aan dié wat in Atag is;
31 aan dié wat in Hevron is en aan al die plekke waar Dawid self en sy manne, gewoond was om te gaan.