6 Meer nog, Dawid was baie benoud, want die manne het gepraat daarvan om hom te stenig, want al die manne was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters, maar Dawid het homself versterk in יהוה, sy God.
7 Toe sê Dawid vir Avyatar, die priester, die seun van Agimelekh: “Bring asseblief vir my die skouerkleed.” Avyatar het die skouerkleed na Dawid toe gebring.
8 Dawid het יהוה geraadpleeg en gesê: “Sal ek hierdie bende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?” Hy sê vir hom: “Agtervolg, want jy sal hulle sekerlik inhaal en jy sal sekerlik almal red.”
9 Dawid het gegaan, hy en die ses honderd man wat by hom was en by die spruit B’sor gekom, waar sommige agtergebly het.
10 Dawid het agtervolg, hy en vier honderd man, want twee honderd man, wat te moeg was om deur die spruit B’sor te trek, het agtergebly.
11 Hulle het ’n Mitzrayiet in die veld gevind wat hulle na Dawid gebring het, vir hom brood gegee wat hy geëet het en water om te drink.
12 Hulle het vir hom ’n stuk vyekoek en twee rosynekoeke gegee en hy het geëet; toe het sy gees ontwaak, want hy het geen brood geëet of water gedrink vir drie dae en drie nagte nie.