1 Die ark van יהוה was nou sewe maande lank in die land van die F’lishtyne
2 en die F’lishtyne het die priesters en die waarsêers geroep en gesê: “Wat moet ons met die ark van יהוה doen? Vertel ons hoe ons dit na sy plek toe moet stuur.”
3 Hulle sê: “As julle die ark van die God van Yisra’el wegstuur, moet dit nie leeg wegstuur nie, maar julle moet beslis aan Hom ’n skuldoffer stuur; dan sal julle gesond word en julle sal weet waarom Sy hand nie van julle verwyder word nie.
4 Toe vra hulle: “Wat sal die skuldoffer wees wat ons aan Hom moet teruggee?” Hulle sê: “Vyf goue gewasse en vyf goue muise, volgens die getal van die meesters van die F’lishtyne, want een plaag was oor julle almal en oor julle meesters.
5 Julle moet beelde maak van julle gewasse en beelde van julle muise wat die land teister en julle moet eer, lof en aanbidding gee aan die God van Yisra’el; miskien sal Hy Sy hand verlig oor julle, julle gode en julle land.