16 Toe die vyf meesters van die F’lishtyne dit sien, het hulle daardie dag teruggegaan na `Ekron.
17 Hierdie is die goue gewasse wat die F’lishtyne as ’n skuldoffer aan יהוה teruggegee het: vir Ashdod een, vir Gazah een, vir Ashkelon een, vir Gat een, vir `Ekron een.
18 Die goue muise was volgens die getal van al die stede van die F’lishtyne wat aan die vyf meesters behoort het, beide van die versterkte stede, sowel as van die plattelandse dorpe. Die groot klip waarop hulle die ark van יהוה neergesit het, is tot vandag toe getuie in die veld van Y’hoshua, van Beit-Shemesh.Num 4:20
19 Hy het die mense van Beit-Shemesh neergeslaan omdat hulle in die ark van יהוה ingekyk het. Hy het van al die mense vyf duisend en sewentig man gedood en die volk het getreur omdat יהוה die mense met ’n groot slagting geslaan het.
20 Die manne van Beit-Shemesh het gesê: “Wie is in staat om te staan voor die Teenwoordigheid van יהוה, hierdie afgesonderde God? Na wie toe sal Hy optrek van ons af?”
21 Hulle het boodskappers gestuur na die inwoners van Kiryat-Ye’arim en gesê: “Die F’lishtyne het die ark van יהוה teruggebring; kom af en bring dit op na julle toe.”