1 Dit het gebeur dat toe Sh’mu’el oud was, hy sy seuns as rigters oor Yisra’el aangestel het.1 Kro 6:28
2 Die naam van sy eersgeborene was Yo’el en die naam van sy tweede Aviyah; hulle het in Be’er-Sh’va gerig.Deut 27:25; Deut 24:17
3 Sy seuns het egter nie in sy weë geloop nie, maar het na oneerlike wins afgedraai en omkoopgeskenke ontvang en die reg verdraai.
4 Toe het al die oudstes van Yisra’el saam vergader en by Sh’mu’el gekom in Ramah
5 en vir hom gesê: “Let op, u het oud geword en u seuns loop nie in u weë nie. Stel nou soos al die nasies ’n koning oor ons aan om ons te rig.”