15 Die koning van Mitzrayim het met die Hebreeuse vroedvroue; die een se naam was Shifrah en die ander se naam Pu’ah, gepraat
16 en gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help en hulle op die geboortestoele sien: as dit ’n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit ’n dogter is, moet sy lewe.”
17 Die vroedvroue het God egter respekvol gevrees en nie gedoen soos die koning van Mitzrayim hulle beveel het nie, maar die seuns laat lewe.
18 Toe laat die koning van Mitzrayim die vroedvroue roep en hy sê vir hulle: “Waarom het julle hierdie ding gedoen en die seuns laat lewe?”
19 Die vroedvroue sê vir Farao: “Die Hebreeuse vroue is nie soos die Mitzrayiete nie, want hulle is sterk. Voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle reeds geboorte gegee.”
20 God was tevrede met die vroedvroue en die volk het vermenigvuldig en uitermate baie geword.
21 So was dit: omdat die vroedvroue God respekvol gevrees het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.